Cran-personeel ontvang 5% verhoging

Loading player...
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, van Namibië en die Namibiese Openbare Werkers-unie het onlangs 'n ooreenkoms onderteken wat voorsiening maak vir 'n loonverhoging van 5 persent vir die huidige boekjaar. Die ooreenkoms volg op suksesvolle loononderhandelinge. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano verskaf meer besonderhede:
13 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibiese span vertrek vir 48ste WorldSkills in China

’n Span van 17 jong deelnemers, wat in 16 kategorieë vir beroeps- en tegniese vaardighede meeding, verteenwoordig Namibië by die 48ste WorldSkills-kompetisie in Sjanghai, China, van 22 tot 27 September. Tydens ’n afskeidsgeleentheid by die Staatshuis vanoggend het president Netumbo Nandi-Ndaitwah beklemtoon hoe belangrik dit vir Namibiërs is om hul…
14 Sep 6AM 1 min

Houtkappery het weer begin, onvoldoende toesig

Die onwettige kap van bome het weer in Noord-Namibië posgevat, en daar heers toenemende kommer oor die afkap van bome op plase naby die Mururani-hek in Kavango Wes. Mark Paxton, eienaar van Shamvura Camp, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie bedrywighede blykbaar reeds weke of selfs maande lank…
14 Sep 6AM 1 min

Groot kommer oor olie, reserwes en 'n moontlike resessie

Ekonome waarsku teen verdere stygings in wêreldoliepryse nadat Saoedi-Arabië sy kritieke Oos-Wes-ru-oliepyplyn tydelik gesluit het ná hommeltuigaanvalle in die gebiede van Riaad en Medina. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Roodt gepraat: Hy sê wêreldwye oliereserwes neem reeds af midde die voortdurende konflik tussen Iran en die VSA.
14 Sep 6AM 1 min

Trump blameer Oekraïne vir dieselprys

President Donald Trump van Amerika het sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodymyr Zelensky, gevra om aanvalle op Russiese diesel-raffinaderye te staak en sê dit veroorsaak ʼn wêreldwye tekort. Kiëf val Moskou se olie- en gasbedryf met langafstand-wapens aan, wat gelei het tot rantsoenering en dat Moskou in Julie diesel-uitvoere verbied het. Rusland…
14 Sep 5AM 1 min

R9m se nagemaakte goedere in Pretoria gevind

Die polisie en sy misdaadbestrydingsvennote het op nagemaakte goedere ter waarde van meer as 9 miljoen Suid-Afrikaanse rand beslag gelê tydens 'n multidissiplinêre operasie in Marabastad, Pretoria. Meer as 10 000 nagemaakte items, insluitend handelsmerk-sportklere, skoene, skoonheidsmiddels en selfone, is tydens die weeklange optrede gekonfiskeer. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê…
14 Sep 5AM 1 min