Plaaslike konsultante stel Midde-Oosterse verteenwoordiger aan

Loading player...
Die plaaslike firma R&J Steytler Management Consultants het sy internasionale voetspoor uitgebrei met die aanstelling van 'n sakeleier van die Verenigde Arabiese Emirate, Saleh Alhashmi, as senior medewerker en sy amptelike verteenwoordiger in die Emirate en die Midde-Ooste. Daar word verwag dat die stap beleggings-, handels- en tegnologievennootskappe tussen die Golfstreek en Afrika sal versterk, met 'n besondere fokus op Namibië. Alhashmi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
2 Aug 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Forum eis Majodina se bedanking na kru taal, beledigings

Die Citizens and Activists Forum eis die afdanking van die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, en die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, ná beweerde onbehoorlike gedrag tydens inwoners-vergaderings. Woordvoerder Dennis Bloem sê Morero het glo 'n inwoner van Soweto beledig en Majodina het na bewering op 'n gestremde…
14 Sep 11PM 1 min

Visverbruik en sakegeleenthede kry hupstoot in Erongo

Erongo-goewerneur Nathalia /Goagoses se Visverbruik-bevorderingsprojek van 2,6 miljoen Namibiese dollar is in Swakopmund van stapel gestuur om die plaaslike gebruik en eet van vis te bevorder en sakegeleenthede in die streek se sewe kiesafdelings te skep. Sy sê dat mariene hulpbronne aan landsburgers behoort en dat vis die kusgemeenskappe deur…
14 Sep 11PM 1 min

Trump sê KI nie so gevaarlik nie

President Donald Trump van Amerika verwerp toenemende kommer oor kunsmatige intelligensie en sê dit gaan meer goed doen as kwaad. 'n Leier in die K-I-wedloop, Anthropic se uitvoerende hoof, Dario Amodei, waarsku dit ontwikkel so vinnig dat dit beter kan raak as die mens se vermoë om dit te bestuur…
14 Sep 11AM 1 min

Meatco bevorder planne vir noord van Rooilyn

Meatco bevorder sy planne om bedrywighede noord van die veeartsenykundige grensheining te hervorm volgens 'n meer gefokusde en volhoubare model. Met 'n geskatte een miljoen beeste in die noordelike gemeenskaplike gebiede, waarvan ongeveer 30 persent as geskik vir slagting beskou word, plaas die padkaart hernude klem op die verbetering van…
14 Sep 11AM 1 min