
Namibiese landbou-unies span saam teen BKS
Loading player...
Namibië se verenigde front teen bek-en-klouseer word beskou as die sleutel tot die beskerming van die land se veebedryf. Die land se vier landbou-unies het 'n gesamentlike leierskapsveldtog en ondersteuningsfonds van stapel gestuur onder die tema "Een Nasie, Een Kudde, Een Verantwoordelikheid." Landboukundige Wallie Roux het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die handhawing van die momentum sal afhang van voortgesette vennootskap tussen die regering, boere en alle belanghebbendes.

