RMB Brandberg Backyard Ultra samel N$286 800 vir bewaring in

Loading player...
Die RMB Brandberg Backyard Ultra 2026 is afgesluit, met die opvolg WhatsApp-veiling wat oor twee dae 286 800 Namibiese dollar vir wildbewaring ingesamel het. Mede-organiseerder Nico Scholtz het hardlopers, vrywilligers, borge, skenkers en bieërs bedank vir die sukses van die geleentheid en gesê die fondse sal Save the Rhino Trust Namibia, Ocean Conservation Namibia en die Pangolin Conservation & Research-stigting ondersteun. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
24 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Spreek foute met staatstoelaes dringend aan: kampvegters

Gestremdheidsregte kampvegters in die Kharas-streek doen 'n beroep op die regering om administratiewe foute wat begunstigdes se maandelikse toelaas affekteer so dringend moontlik aan te spreek. Dit, nadat sommige begunstigdes uitgesluit is van die onlangse verhoging van die staatstoelae van 100 Namibiese dollar. Die voorsitter van die People's Revolution Association,…
15 Sep 11AM 1 min

Nasionale jeugdiens vir almal verg deeglike beplanning

Die instelling van 'n verpligte nasionale jeugdiens, veral vir skoolverlaters, blyk om daagliks toenemende steun te kry. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hoewel die idee prysenswaardig is, enige stap in die rigting van verpligte diens deeglike openbare konsultasie, beleidsaanpassings en wetgewende prosesse vereis.
15 Sep 10AM 1 min

Persoon van belang in Rehoboth-seun se moord in arres

NamPol het 'n man van Rehoboth in hegtenis geneem as 'n persoon van belang in verband met die moord op die 11-jarige Gerhardt Doëseb. Die Graad 5-leerder is as vermis aangemeld nadat hy op 11 September nie van die skool af by die huis aangekom het nie. Sy liggaam is…
15 Sep 10AM 1 min

'Under the Cap'-veldtog kan jou beursie laat boepstaan

Coca-Cola Beverages Africa in Namibië het sy gewilde "Under the Cap"-veldtog hervat en bied Namibiërs die kans om 'n deel van 1 miljoen Namibiese dollar in kontantpryse te wen. Coca-Cola Namibië se woordvoerder, Ockert Jansen, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die landwye promosie wat tot 31 Desember…
15 Sep 10AM 1 min

AfriForum-verslag wys wreedheid van plaasaanvalle uit

'n Verslag deur AfriForum ná die ondersoek na 47 gewelddadige plaasaanvalle tussen 2019 en 2025, dui op 'n herhalende patroon van marteling. Daarvolgens is slagoffers gebrand, gesteek, verwurg en seksueel mishandel. Jacques Broodryk van AfriForum sê plaasaanvalle kom in al nege provinsies voor, en vra die regering om dit te…
15 Sep 10AM 1 min