CIF maak kapsie oor sement samesmelting

Loading player...
Die Konstruksie Industriefederasie van Namibië sê dat hy steeds gekant is teen die goedgekeurde samesmelting van Whale Rock Cement met Ohorongo Cement en versoek dat die ministeriële goedkeuring teruggetrek word. Bärbel Kirchner, die federasie se uitvoerende hoof, sê dat hul standpunt in Junie 2025 geregistreer is en hulle daarby staan, met verwysing na 'n risiko dat mededinging in 'n strategiese konstruksie-insetmark verloor gaan word.
10 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mense het goeie rede tot kommer oor KI - Altman

OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, sê die wêreld moet kunsmatige-intelligensiemaatskappye vertrou om die regte ding te doen omdat hulle die druk voel om verantwoordelik op te tree. Daar was die afgelope tyd toenemend kommer oor die tegnologie se moontlike gevare, en Anthropic se hoof, Dario Amodei, doen ʼn beroep…
16 Sep 6AM 1 min

NNN waarsku regbank oor integriteit, standaarde

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het verklaar dat korrupsie en ‘n gebrek aan integriteit geen plek in Namibië se strafregstelsel het nie, en gewaarsku dat openbare vertroue ineenstort as hofuitsprake as onregverdig geag word. Met die opening van die eerste driedaagse Staat van Geregtigheid-konferensie het sy regspraktisyns, landdroste en regterlike beamptes versoek…
16 Sep 6AM 1 min

Namibië se kookkuns bly tops

Sjef Dagmar Grüner is as Namibië se Sjef van die Jaar by die Nust Hotelskool gekroon en is die eerste deelnemer in meer as vyf jaar wat 'n goue sertifikaat verwerf het deur meer as 90 persent te behaal. Kompetisiebeoordelaar Sanet Prinsloo het ook Cara Kotze as Skoolsjef van die…
16 Sep 6AM 1 min

IPC boos oor weerstelsels by lughawens

Die IPC se skadu vervoerminister, Nelson Kalangula, waarsku dat die afgradering van Walvisbaai Internasionale Lughawe se lugruim na Klas G vlieëniers dwing om sonder lugverkeersbeheer of regstreekse weerdata te vlieg, wat veiligheid ernstig in die gedrang bring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus na vlugomleidings na Hosea Kutako Internasionale…
16 Sep 6AM 1 min

Hardap het genoeg water tot die 2027 koringoes-seisoen

Die Hardapdam is 53,8 persent vol en boere in die streek vertrou dat hulle genoeg watervoorraad het om robuuste plantsiklusse vir stapelgewasse soos mielies en koring te beplan, wat streeksvoedselsekerheid en plaaslike werkverskaffing sal verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie de Klerk, voorsitter van die Hardap-boerevereniging gesels.
16 Sep 5AM 1 min