OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, sê die wêreld moet kunsmatige-intelligensiemaatskappye vertrou om die regte ding te doen omdat hulle die druk voel om verantwoordelik op te tree. Daar was die afgelope tyd toenemend kommer oor die tegnologie se moontlike gevare, en Anthropic se hoof, Dario Amodei, doen ʼn beroep…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het verklaar dat korrupsie en ‘n gebrek aan integriteit geen plek in Namibië se strafregstelsel het nie, en gewaarsku dat openbare vertroue ineenstort as hofuitsprake as onregverdig geag word. Met die opening van die eerste driedaagse Staat van Geregtigheid-konferensie het sy regspraktisyns, landdroste en regterlike beamptes versoek…
Sjef Dagmar Grüner is as Namibië se Sjef van die Jaar by die Nust Hotelskool gekroon en is die eerste deelnemer in meer as vyf jaar wat 'n goue sertifikaat verwerf het deur meer as 90 persent te behaal. Kompetisiebeoordelaar Sanet Prinsloo het ook Cara Kotze as Skoolsjef van die…
Die IPC se skadu vervoerminister, Nelson Kalangula, waarsku dat die afgradering van Walvisbaai Internasionale Lughawe se lugruim na Klas G vlieëniers dwing om sonder lugverkeersbeheer of regstreekse weerdata te vlieg, wat veiligheid ernstig in die gedrang bring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus na vlugomleidings na Hosea Kutako Internasionale…
Die Hardapdam is 53,8 persent vol en boere in die streek vertrou dat hulle genoeg watervoorraad het om robuuste plantsiklusse vir stapelgewasse soos mielies en koring te beplan, wat streeksvoedselsekerheid en plaaslike werkverskaffing sal verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie de Klerk, voorsitter van die Hardap-boerevereniging gesels.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.