Derde verdagte gee haarself oor na edelsteen-diefstal

Loading player...
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê 'n derde verdagte het haarself by die Edenvale-polisiestasie oorgegee in verband met die beweerde diefstal van edelstene ter waarde van bykans 15-miljoen Suid-Afrikaanse rand by 'n perseel in Killarney, Johannesburg. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die direktoraat-woordvoerder, Lizzy Suping, sê drie verdagtes is nou in hegtenis geneem, en die oorblywende twee arrestasies sal binnekort volg:
7 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ANC gaan appelleer teen uitsluiting van 181 kandidate

Die ANC sê hy sal appelleer teen die uitspraak van die Verkiesingshof wat sy beswaar teen die uitsluiting van 181 kandidate in ses munisipaliteite voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November van die hand gewys het. Die party hou vol die kandidate se inligting was voor die sperdatum op die…
16 Sep 11AM 1 min

Spoedradar-SMS is 'n slenter: Padowerheid

Die Padowerheid waarsku die publiek teen 'n bedrieglike SMS wat beweer dat 'n spoedradar 'n verkeersoortreding vasgevang het. Die tipe slenter raak al hoe meer algemeen en wek kommer. Woordvoerder Hileni Fillemon het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
16 Sep 11AM 1 min

PDM wil weet wat gaan aan met Rössing- en kernplanne

Die regering is onder druk om duidelikheid te verskaf oor of hy hom formeel in die stryd gewerp het om 'n 10,2 persent belang in Rössing Uranium te bekom. Die PDM-leier, McHenry Venaani, het in die parlement antwoorde geëis oor die regering se pogings om hierdie belang, wat deur die…
16 Sep 10AM 1 min

Publiek moet weet wat Vitol agter die skerms belowe is: IPC

Die IPC se skaduminister van internasionale betrekkinge en handel, Rodney Cloete, het formele vrae in die Nasionale Vergadering ingedien en eis volle deursigtigheid oor die regering se grootmaat brandstofvoorsieningsooreenkoms met die multinasionale handelaar Vitol, en die verlenging daarvan tot Oktober. Cloete wil hê dat die lynministerie werklike brandstofvolumes wat ingevoer…
16 Sep 10AM 1 min

Haal uit die truie, koue is op pad, sê weerdiens

'n Afsny-laedrukstelsel beweeg tans oor die land en bring buite-seisoen reënbuie na die suidwestelike streke. Albertina Anderson van die weerdiens sê dat 'n kouefront die land kort ná die reën kan bereik, wat sal veroorsaak dat temperature oor die naweek drasties daal. Sy het meer:
16 Sep 10AM 1 min