Brandstofprys: 'Ons moet seker dankbaar wees vir elke aalmoes'

Loading player...
Motoriste het die nuus verwelkom dat die prys van petrol Vrydag met 1 Namibiese dollar per liter en diesel met 4 dollar per liter sal daal, met baie wat die verlaging as 'n broodnodige verligting, veral vir landbou, beskryf. Sommige mense voer egter aan dat die verlaging selfs groter moes gewees het, en wys daarop dat Brent-ruolie van 'n konflikgedrewe piek van ongeveer 126 Amerikaanse dollar per vat tot ongeveer 72 tot 74 dollar per vat gedaal het. Landboukundige Wallie Roux deel sy mening:
2 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ANC gaan appelleer teen uitsluiting van 181 kandidate

Die ANC sê hy sal appelleer teen die uitspraak van die Verkiesingshof wat sy beswaar teen die uitsluiting van 181 kandidate in ses munisipaliteite voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November van die hand gewys het. Die party hou vol die kandidate se inligting was voor die sperdatum op die…
16 Sep 11AM 1 min

Spoedradar-SMS is 'n slenter: Padowerheid

Die Padowerheid waarsku die publiek teen 'n bedrieglike SMS wat beweer dat 'n spoedradar 'n verkeersoortreding vasgevang het. Die tipe slenter raak al hoe meer algemeen en wek kommer. Woordvoerder Hileni Fillemon het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
16 Sep 11AM 1 min

PDM wil weet wat gaan aan met Rössing- en kernplanne

Die regering is onder druk om duidelikheid te verskaf oor of hy hom formeel in die stryd gewerp het om 'n 10,2 persent belang in Rössing Uranium te bekom. Die PDM-leier, McHenry Venaani, het in die parlement antwoorde geëis oor die regering se pogings om hierdie belang, wat deur die…
16 Sep 10AM 1 min

Publiek moet weet wat Vitol agter die skerms belowe is: IPC

Die IPC se skaduminister van internasionale betrekkinge en handel, Rodney Cloete, het formele vrae in die Nasionale Vergadering ingedien en eis volle deursigtigheid oor die regering se grootmaat brandstofvoorsieningsooreenkoms met die multinasionale handelaar Vitol, en die verlenging daarvan tot Oktober. Cloete wil hê dat die lynministerie werklike brandstofvolumes wat ingevoer…
16 Sep 10AM 1 min