Stokes kondig aftrede aan

Loading player...
Engeland se kaptein, die 35-jarige Ben Stokes, het sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig. Die derde en laaste toetswedstryd teen Nieu-Seeland sal sy laaste verskyning wees en bring 'n einde aan 'n internasionale loopbaan van 15 jaar waarvan vier as kaptein van die span was. Die veelsydige Stokes het 122 toetsverskynings vir Engeland gemaak, 114 eendagwedstryde en 43 T20's gespeel, en was 'n sleutelspeler in die T20 Wêreldbeker-eindstryd in 2022. Stokes sê hierdie besluit is op die oomblik die beste vir hom:
29 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ANC gaan appelleer teen uitsluiting van 181 kandidate

Die ANC sê hy sal appelleer teen die uitspraak van die Verkiesingshof wat sy beswaar teen die uitsluiting van 181 kandidate in ses munisipaliteite voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November van die hand gewys het. Die party hou vol die kandidate se inligting was voor die sperdatum op die…
16 Sep 11AM 1 min

Spoedradar-SMS is 'n slenter: Padowerheid

Die Padowerheid waarsku die publiek teen 'n bedrieglike SMS wat beweer dat 'n spoedradar 'n verkeersoortreding vasgevang het. Die tipe slenter raak al hoe meer algemeen en wek kommer. Woordvoerder Hileni Fillemon het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
16 Sep 11AM 1 min

PDM wil weet wat gaan aan met Rössing- en kernplanne

Die regering is onder druk om duidelikheid te verskaf oor of hy hom formeel in die stryd gewerp het om 'n 10,2 persent belang in Rössing Uranium te bekom. Die PDM-leier, McHenry Venaani, het in die parlement antwoorde geëis oor die regering se pogings om hierdie belang, wat deur die…
16 Sep 10AM 1 min

Publiek moet weet wat Vitol agter die skerms belowe is: IPC

Die IPC se skaduminister van internasionale betrekkinge en handel, Rodney Cloete, het formele vrae in die Nasionale Vergadering ingedien en eis volle deursigtigheid oor die regering se grootmaat brandstofvoorsieningsooreenkoms met die multinasionale handelaar Vitol, en die verlenging daarvan tot Oktober. Cloete wil hê dat die lynministerie werklike brandstofvolumes wat ingevoer…
16 Sep 10AM 1 min