
Vissersvakbond val regering aan oor 'verwaarlosing'
Loading player...
Die Mynbou-, Metaal-, Maritieme en Konstruksiewerkersunie het 'n aanval op die regering geloods oor wat hy die voortgesette verwaarlosing van visserswerkers noem. Die vakbond sê werknemers wat gekoppel is aan Etosha Fishing, Namsov, Heinaste, Merlus Cormorant, Omualu Aluhe Fishing en voormalige United Fishing Enterprises wag steeds vir kwotatoekennings, agterstallige betalings en werksgeleenthede. Die sekretaris-generaal Joseph Garoëb het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat 'n protes volgende week by die Staatshuis gehou sal word as eise nie nagekom word nie. Dit kom na die president met die vissersbedryf vergader het.

