Die Amerikaanse Federale Reserwe het rentekoerse die eerste keer sedert 2023 verhoog om inflasie, wat bo sy teiken van twee-persent bly, te hanteer. Die federale raad het ʼn eenparige besluit geneem om die rentekoers met ʼn kwart persentasiepunt te verhoog na tussen 3,75-persent en vier-persent. Dit volg ten spyte van…
Sylvia Haoses, stigter van die Anti-Dwelm- en Middelmisbruikveldtog in Okahandja, het 'n verenigde, jaarlikse poging aangewend om toenemende dwelm- en alkoholmisbruik te bestry, en gewaarsku dat dwelm-verslawing bydra tot misdaad en gesinsgeweld in die dorp. Haoses beklemtoon dat die bekamping van middelmisbruik toeganklike rehabilitasiedienste, jeugvaardigheidsontwikkeling en aktiewe samewerking tussen ouers,…
Krieket Namibië sê die onlangse krieket-reekse wat hier in Windhoek gespeel is, was baie suksesvol. Die FNB Eagles het as gasheer opgetree vir Suid-Afrika en Zimbabwe tydens die FNB T20-drielandereeks en 'n daaropvolgende bilaterale eendag-reeks in Windhoek. Die Proteas het in Namibië skoonskip gemaak toe hulle het die FNB T20-drielandereeks-trofee…
Die ministerie van gesondheid sê die aanvanklike siviele werke vir die nuwe Windhoek Distrikshospitaal in Havana is vertraag nadat die projek geloods is voor ontwerpdokumentasie voltooi is. Ministerie-woordvoerder Walters Kamaya sê statutêre verkrygingsregulasies vereis 'n verpligte ses maande lange tenderproses en 'n 30-dae prestasiewaarborgvenster. Owerhede en die Ontwikkelingsbank van Namibië…
Openbare beleidsontleder Marius Kudumo sê dat politieke partye jong kiesers kan vervreem deur op historiese narratiewe uit die bevrydingstryd staat te maak, eerder as om oplossings te bied vir huidige probleme soos jeugwerkloosheid en armoede. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Kudumo oorbeklemtoning van die verlede kan 'n…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.