Vordering met beveiligheid van laagwaterbrug oor Krokodilrivier

Loading player...
Die polisie het bevestig dat die oorskot wat in 'n Krokodil gevind is met DNS-toetse bevestig is as die sakeman Gabriel Batista, wat in Mei in die Krokodilirivier buite Komatipoort meegesleur is. Die voorval het plaasgevind op 'n oorstroomde laagwaterbrug, waar twee weermaglede ook in Desember meegesleur is in hul voertuig. Die Komatipoort-sakekamer en ander belanghebbendes het intussen hande geneem om stape te doen om die brug vir gebruikers te beveilig. Ons gesels nou daaroor met Richard Williams van die sakekamer.
18 Jun Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Lefpa onthou 11 September 25 jaar later

Dit is vandag die 25ste herdenking van 11 September 2001 toe Al Kaïda-vlieëniers met twee gekaapte vliegtuie in die toringgeboue van die Wêreldhandelsentrum in New York vas gevlieg het. In totaal is 2,977 slagoffers daardie dag dood. André Scheepers van die Laeveld- en platorand-brandbeskermsvereniging deel sy herinneringe.
11 Sep 6 min

Night of 1000 stars

Night of 1000 Stars ten bate van KANSA vind eersdaags plaas. Sandra Jacobs en Rinella Jansen van Vuuren gesels met Sonop Ontbyt.
10 Sep 10 min

Jabberwock gerat vir Wêreldkampioenskap

Adventure Race-span Jabberwock (Sara Archdeacon, Harry Wiltshire, Craig Metherell, DeWaal Visser) is op pad na Adventure Racing Wêreldkampioenskap in Corsica, Frankryk vanaf 27 September.
10 Sep 9 min

Songs of Praise

Die Hervormde Kerk Nelspruit bied sedert 2001 Songs of Praise aan en Richard Cock, een van Suid-Afrika se bekendste en mees gerespekteerde dirigente en koorleiers, is deel daarvan sowel as die Mpumalanga Universiteitskoor, plaaslike gemeenskapskoor, Laudate, die Laerskool Laeveldkoor en die Laeveld Jeug. Tobias Kruger en die dirigent van die…
8 Sep 10 min