
Jeugmaand: Geestesgesondheid onder jongmense
Loading player...
Geestesgesondheid is nie net 'n grootmenskwessie nie. Al hoe meer kinders en tieners worstel met angs, depressie, trauma en emosionele uitdagings, maar baie kry nooit die hulp wat hulle nodig het nie. As ouers, opvoeders en versorgers is dit belangrik dat ons die tekens herken en oop gesprekke oor geestesgesondheid voer. Vandag gesels ons met dr. Francois Esterhuysen oor waarom kinders se geestesgesondheid soveel aandag verdien en hoe ons hulle beter kan ondersteun.

