
ABC van Ouerskap - E: Emosionele intelligensie
Loading player...
Ons ABC van Ouerskap-reeks bring ons vandag by die letter E – vir Emosionele Intelligensie. Emosionele intelligensie, of EQ, help kinders om hulle eie emosies te verstaan, te bestuur, empatie vir ander te ontwikkel en gesonde verhoudings te bou. Navorsing wys selfs dat kinders met sterk emosionele vaardighede dikwels beter akademies presteer, minder angs ervaar en sterker sosiale bande vorm. Vandag gesels ons met Mizanne van der Berg van EQ4Kids oor hoe ouers hierdie belangrike vaardighede reeds van kleins af kan help ontwikkel.

