SA se kragopwekking daal met 9 in April

Loading player...
Statistiek Suid-Afrika sê elektrisiteitsproduksie het in April met 9 persent gedaal, terwyl verbruik met 5 persent gedaal het. Op 'n maandelikse basis het opwekking met 1,7 persent gedaal, wat die afwaartse neiging van die afgelope maande voortsit. Elektrisiteitsverbruik het ook met 1,3 persent gedaal vanaf Maart, hoewel dit 'n effense toename oor die afgelope drie maande getoon het. Tsholofelo Ditinti van Statistiek SA sê die syfers weerspieël voortgesette druk op beide vraag en aanbod in die kragsektor:
5 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

AWB steun Rubio se visumbeperkings

Die Afrikaner Weerstandsbeweging, AWB, sê dit steun die aankondiging deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, van visumbeperkings vir Suid-Afrikaanse amptenare wat met grondonteiening en rassediskriminasie verbind word. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê AWB-president Steyn von Rönge dat hierdie stap lank reeds nodig was sodat…
18 Sep 3AM 1 min

Trump dreig tariewe te midde van Kanada-EU samewerking

Die Amerikaanse president Donald Trump dreig om handelstariewe op Europa te plaas, na nuus dat die EU hard daaraan werk om Kanada as sy eerste geassosieerde lid te verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig dat die Kanadese premier Mark Carney gesê het die ooreenkoms sal fokus op samewerking in…
18 Sep 2AM 1 min

M-pokke bevestig in Wes-Kaap, Gauteng en KZN

Die Departement van Gesondheid sê Suid-Afrika het tussen 14 Augustus en 17 September een onbevestigde en 18 bevestigde M-pokke-gevalle gehad. Vyftien gevalle is in Kaapstad aangeteken, drie in Gauteng, en die onbevestigde een in KwaZulu-Natal. Die betrokke individue is tussen 23 en 50 jaar oud. Die departement se woordvoerder, Foster…
18 Sep 2AM 1 min

Koning Charles het kommer oor KI

Koning Charles het leiers in kunsmatige intelligensie gewaarsku teen die gevare indien die tegnologie in die verkeerde hande sou beland. Dit volg nadat twee Anthropic-navorsers gewaarsku het KI se vinnige vordering kan moontlik in die nabye toekoms tot die mensdom se uitwissing lei. Koning Charles sê kunsmatige intelligensie kan lewens…
18 Sep 1AM 1 min

IUM se RusNam-sentrum bevorder uitruilings, onderrig

Die stigter van die International University of Management en voorsitter van RusNam, David Namwandi, sê die universiteit brei sy vennootskap met Russiese instellings uit na gesamentlike wetenskaplike navorsing en akademiese uitruilings. Dit volg na drie jaar van suksesvolle Russiese taalonderrig deur die RusNam-sentrum. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus…
18 Sep 1AM 1 min