Swak internetverbinding in landelike gebiede kniehalter doeltreffende misdaadbekamping in die landboussektor en was Vrydag een van die fokuspunte tydens die jaarlikse vergadering tussen die Namibiese Landbou-unie, die Namibiese Nasionale Boerevereniging en Nampol op Otjiwarongo. NLU-president Thinus Pretorius het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Met medisynetekorte wat steeds openbare gesondheidsfasiliteite raak en nasionale voorraadvlakke wat op ongeveer 60 persent aangemeld word, het die kabinet twee strategiese gesondheidsooreenkomste met Egipte en die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming onderskryf. Die adjunk-inligtingminister, Wenzel Kavaka, het tydens die lewering van die jongste kabinetsbesluite gesê die ooreenkomste is daarop…
Namcor het sy besluit verdedig om 'n regeringswaarborg te soek voordat hulle hulle verbind het om brandstof vir drie maande aan die land te verskaf. Dit het daartoe gelei dat die regering Vitol eerder as die voorkeurverskaffer aangestel het. Namcor se kommunikasiespesialis, Utaara Hoveka, sê voortdurende bedryfskapitaalbeperkings het sy posisie…
Meer reserviste en private misdaadbestrydingsforums wat saam met die Namibiese polisie werk om misdaad op plase te bekamp, was Vrydag een van die besprekingspunte tydens die jaarlikse vergadering tussen die Namibiese Landbou-unie, die Namibiese Nasionale Boerevereniging en Nampol op Otjiwarongo. NLU-president Thinus Pretorius het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê verskeie…
Die Gautengse verkeerspolisiehoof Samuel Mashaba is streng ondervra by die Madlanga-kommissie omdat hy na bewering versuim het om die polisie van sekere onwettige aktiwiteite in kennis te stel. Dit volg te midde van ondersoeke na die Aeroton-dwelmonderskepping in 2021. Kommissaris Sesi Baloyi het Mashaba se bewering betwis dat hy sulke…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.