Chaos in Brittanje met aantygings van 'twee-vlak' polisiëring

Loading player...
Woede in Brittanje na die dood van die 18-jarige Henry Nowak, wat deur die polisie geboei is terwyl hy besig was om aan meswonde te beswyk, kring steeds uit. Sy moordenaar, 'n Sikh-man, het valslik aan polisie gesê dat Nowak 'n rassistiese aanval op hom geloods het. Daar word beweer dat polisie-opleiding oor rassisme sogenaamde twee-vlak polisiëring tot gevolg gehad het, wat rassisme teenoor witmense veroorsaak. Die Hampshire polisiehoof, Alexis Boon, die polisiehoof van Hampshire waar die voorval plaasgevind het, het met Sky News se Jason Farrel gepraat en ontken dat dit die geval is.
3 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sonoppervlak beleef talle uitbarstings

Die oppervlak van die son was die afgelope tyd besig met reuse X- en M-klas-sonuitbarstings wat deur Nasa gemonitor is. Van die uitbarstings is vasgelê met strome gelaaide deeltjies na die Aarde gestuur is. Dit kan ook 'n redelike groot impak op die planeet hê soos professor Pieter Meintjies, astrofisikus…
18 Sep 3AM 1 min

AWB steun Rubio se visumbeperkings

Die Afrikaner Weerstandsbeweging, AWB, sê dit steun die aankondiging deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, van visumbeperkings vir Suid-Afrikaanse amptenare wat met grondonteiening en rassediskriminasie verbind word. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê AWB-president Steyn von Rönge dat hierdie stap lank reeds nodig was sodat…
18 Sep 3AM 1 min

Trump dreig tariewe te midde van Kanada-EU samewerking

Die Amerikaanse president Donald Trump dreig om handelstariewe op Europa te plaas, na nuus dat die EU hard daaraan werk om Kanada as sy eerste geassosieerde lid te verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig dat die Kanadese premier Mark Carney gesê het die ooreenkoms sal fokus op samewerking in…
18 Sep 2AM 1 min

M-pokke bevestig in Wes-Kaap, Gauteng en KZN

Die Departement van Gesondheid sê Suid-Afrika het tussen 14 Augustus en 17 September een onbevestigde en 18 bevestigde M-pokke-gevalle gehad. Vyftien gevalle is in Kaapstad aangeteken, drie in Gauteng, en die onbevestigde een in KwaZulu-Natal. Die betrokke individue is tussen 23 en 50 jaar oud. Die departement se woordvoerder, Foster…
18 Sep 2AM 1 min

Koning Charles het kommer oor KI

Koning Charles het leiers in kunsmatige intelligensie gewaarsku teen die gevare indien die tegnologie in die verkeerde hande sou beland. Dit volg nadat twee Anthropic-navorsers gewaarsku het KI se vinnige vordering kan moontlik in die nabye toekoms tot die mensdom se uitwissing lei. Koning Charles sê kunsmatige intelligensie kan lewens…
18 Sep 1AM 1 min