Hoër staatspensioene vanaf hierdie maand betaal

Loading player...
'n Paar maande nadat dit ter tafel gelê is, is die nasionale begroting vir 2026/27 amptelik in die Staatskoerant gepubliseer, wat 'n verhoging in die maandelikse staatspensioen van 1 600 Namibiese dollar tot 1 700 dollar bevestig. Die aanpassing van 100 dollar is nou suksesvol geïmplementeer en sal terugwerkend vanaf 1 April van toepassing wees. Lukas Haufiku, woordvoerder van die maatskaplike welsyn-ministerie, verduidelik die proses. Hy sê dit begin vanaf Junie.
3 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ANC-vroueliga vra gesamentlike optrede na moorde

Die ANC-vroueliga sê daar is 'n behoefte aan eenheid en gesamentlike optrede ná die toenemende aantal vroue wat in Ekurhuleni, Gauteng, vermoor is. Volgens die party blyk dit die moorde volg 'n kommerwekkende patroon en het vrese laat ontstaan dat 'n reeksmoordenaar daarvoor verantwoordelik kan wees. Die sekretaris-generaal van die…
18 Sep 4AM 1 min

Wavisbaai-lughawe se weerstelsels is herstel

Die ministerie van werke en vervoer sê meteorologiese dienste by die Walvisbaai Internasionale Lughawe is nou ten volle herstel ná 'n onderbreking wat op Vrydag, 11 September, begin het. Die onderbreking het die beskikbaarheid van huidige weerwaarnemings beïnvloed en daartoe gelei dat sommige geskeduleerde vlugte na die Hosea Kutako Internasionale…
18 Sep 4AM 1 min

Sonoppervlak beleef talle uitbarstings

Die oppervlak van die son was die afgelope tyd besig met reuse X- en M-klas-sonuitbarstings wat deur Nasa gemonitor is. Van die uitbarstings is vasgelê met strome gelaaide deeltjies na die Aarde gestuur is. Dit kan ook 'n redelike groot impak op die planeet hê soos professor Pieter Meintjies, astrofisikus…
18 Sep 3AM 1 min

AWB steun Rubio se visumbeperkings

Die Afrikaner Weerstandsbeweging, AWB, sê dit steun die aankondiging deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, van visumbeperkings vir Suid-Afrikaanse amptenare wat met grondonteiening en rassediskriminasie verbind word. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê AWB-president Steyn von Rönge dat hierdie stap lank reeds nodig was sodat…
18 Sep 3AM 1 min

Trump dreig tariewe te midde van Kanada-EU samewerking

Die Amerikaanse president Donald Trump dreig om handelstariewe op Europa te plaas, na nuus dat die EU hard daaraan werk om Kanada as sy eerste geassosieerde lid te verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig dat die Kanadese premier Mark Carney gesê het die ooreenkoms sal fokus op samewerking in…
18 Sep 2AM 1 min