Steenhuisen kondig openbare-privaat model vir BKS

Loading player...
Landbouminister John Steenhuisen sê 'n nuwe openbare-privaat biosekerheidsmodel sal bekendgestel word om langtermynbeheer van bek-en-klouseer te versterk. Steenhuisen sê die regering vorder goed in sy stryd teen die siekte, met 13,5-miljoen entstofdosisse wat verkry is en byna 4,4-miljoen diere wat reeds ingeënt is. Hy voeg by meer entstofdosisse het intussen in die land aangekom en bykomende voorraad word verwag, wat ondersteun word deur regulatoriese goedkeurings om die proses te bespoedig:
1 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bewyse dat VSA aanval op Iranse skool oorlogmisdaad is

ʼn Paneel menseregte-kenners van die Verenigde Nasies sê hulle het redelike gronde gevind dat Amerika in twee aanvalle in Iran waarin minstens 178 burgerlikes dood is, oorlogsmisdade gepleeg het. ʼn Nuwe verslag deur die onafhanklike internasionale feite-sending in Iran het bevind die missiel-aanvalle in Februarie op ʼn laerskool in Minab…
18 Sep 6AM 1 min

Old Mutual beloon top-wiskunde leerders

Die Old Mutual-stigting sê dit het 50 000 Namibiese dollar in die Nasionale Wiskunde-olimpiade belê, wat toppresterende hoërskoolleerders in al 14 streke erken met effektetrustpryse. Roland Ndjamba en Helena Haikali van die African Olympiad Academy het die topposisies behaal, en het elk 8 000 Namibiese dollar-effektetrustrekeninge ontvang. Old Mutual-stigting-trustee, Ramona…
18 Sep 6AM 1 min

Okh-inwoners warm onder die kraag oor Eswatini-reis

Inwoners van Okahandja dring aan op die kansellasie van 'n beplande reis deur 35 munisipale amptenare na Eswatini, waar hulle na verwagting van 20 tot 25 September aan die 20ste uitgawe van die Southern Africa Inter-Municipal Sports Association-spele sal deelneem. Na verwagting sal die reis die munisipaliteit ongeveer 175 000…
18 Sep 6AM 1 min

Groot kommer oor die Okavangorivier en Rundu se riool

Inwoners en die omgewing langs die Okavango-vloedvlakte kan in gevaar wees, aangesien riool van Rundu se afvalwaterdamme na bewering deur die dorpsraad in die vloedvlakte naby die Rundu-Calai-grenspos vrygestel word. Die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham waarsku dat, hoewel rioolverdampingsdamme voëls kan lok en waardevolle habitatte kan skep, die nabyheid…
18 Sep 5AM 1 min

Registrasies sluit vandag vir NLU-jaarkongres

Registrasies vir die jaarkongres van die Namibiese Landbou-unie sluit vandag. Die NLU neem die gesprek regstreeks na boeregemeenskappe deur middel van belangrike streeksvergaderings in Otjiwarongo, Mariental en Windhoek. Roelie Venter, die unie se uitvoerende hoof, sê vanjaar se kongres sal alles van beleidsopdaterings tot die toekoms van plaaslike voedselproduksie dek.
18 Sep 5AM 1 min