Sokker: Sundowns raap tweede Kampioeneliga-titel op

Loading player...
Mamelodi Sundowns het hul tweede Kampioeneliga-titel opgeraap na ʼn gelykoptelling van een elk teen AS FAR in die tweede deel van die eindronde in Rabat, Marokko. Dit was genoeg om die 2016-kampioene ʼn 2-1-sege in totaal te besorg nadat hulle die Marokkaanse span verlede naweek in die eerste deel in Pretoria met 1-0 geklop het. Sundowns het hul plek in die komende Fifa Interkontinentale Beker en die Fifa Klub-Wêreldbeker verseker. Kaptein Ronwen Williams sê hulle verdien dit:
25 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe KMO-fonds hupstoot vir klein besighede

Klein besighede kan nou aansoek doen vir toelaes van tussen 50 000 Namibiese dollar en 100 000 dollar deur 'n nuwe KMO-fonds, bestuur deur die Namibië Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad. Die fonds teiken geregistreerde klein en mediumgrootte ondernemings met 'n jaarlikse omset van tot 10 miljoen en ten minste 51 persent…
14 Jun 6AM 1 min

Namibië nader aan intydse digitale betalings

Namibië is een stap nader aan intydse digitale betalings. Die Bank van Namibië het suksesvol proeftoetsing van die land se kitsbetalingsoplossing voltooi, wat die weg baan vir 'n gefaseerde bekendstelling wat sal begin met regerings-maatskaplike toelaebetalings en later sal uitbrei om die publiek vinniger, geriefliker en toegankliker betaalopsies te bied…
14 Jun 5AM 1 min

Motorbedryfvakbond roskam Motuss oor afleggings

Die motorbedryfvakbond Misa het die voertuighandelaar Motus gekritiseer vir die aflegging van 67 werknemers te midde van goeie voertuigverkoopsyfers en 'n beter finansiële vertoning. Misa sê die afleggings is ongeregverdig en nie 'n laaste uitweg nie. Hy voer aan Motus het versuim het om alternatiewe opsies te oorweeg tydens konsultasies…
14 Jun 4AM 1 min

Kavango-Wes ly steeds onder armoede, swak dienste

Volgehoue armoede en swak landelike dienste hou die Kavango-Wes-streek steeds terug. Van watertekorte tot beperkte toegang tot gesondheid en onderwys, staar die streek diep, multidimensionele probleme in die gesig. Goewerneur Verna Sinimbo het in haar streeksrede inwoners, die regering en vennote aangespoor om saam te staan en gesê eenheid en…
14 Jun 3AM 1 min

DA kla by Menseregtekommissie oor statutêre verkragting

Die DA sê duisende tienerswangerskappe beklemtoon 'n ernstige ineenstorting in die regering se stelsel vir die aanmelding en vervolging van seksuele misbruik van kinders. Die party het 'n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien omdat baie gevalle van statutêre verkragting nie soos deur die wet vereis, behoorlik aangemeld word nie…
14 Jun 2AM 1 min