Aston Villa lig trofee na 30 jaar omhoog

Loading player...
Aston Villa moes 30 jaar wag voordat hulle weer die trofee omhoog kon hou nadat hulle Freiburg met 3-0 geklop het om die Europa Liga in Istanboel te wen. Youri Tielemans en Emi Buendia se doele in die eerste helfte, gevolg deur Morgan Rogers se doel in die tweede helfte het Villa gehelp om die Europa Liga-beker te wen, 44 jaar na hul sege in 1982. Villa se afrigter, Unai Emery wat die Europa Liga nou vyf keer gewen het, sê hierdie kompetisie is spesiaal:
21 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe KMO-fonds hupstoot vir klein besighede

Klein besighede kan nou aansoek doen vir toelaes van tussen 50 000 Namibiese dollar en 100 000 dollar deur 'n nuwe KMO-fonds, bestuur deur die Namibië Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad. Die fonds teiken geregistreerde klein en mediumgrootte ondernemings met 'n jaarlikse omset van tot 10 miljoen en ten minste 51 persent…
14 Jun 6AM 1 min

Namibië nader aan intydse digitale betalings

Namibië is een stap nader aan intydse digitale betalings. Die Bank van Namibië het suksesvol proeftoetsing van die land se kitsbetalingsoplossing voltooi, wat die weg baan vir 'n gefaseerde bekendstelling wat sal begin met regerings-maatskaplike toelaebetalings en later sal uitbrei om die publiek vinniger, geriefliker en toegankliker betaalopsies te bied…
14 Jun 5AM 1 min

Motorbedryfvakbond roskam Motuss oor afleggings

Die motorbedryfvakbond Misa het die voertuighandelaar Motus gekritiseer vir die aflegging van 67 werknemers te midde van goeie voertuigverkoopsyfers en 'n beter finansiële vertoning. Misa sê die afleggings is ongeregverdig en nie 'n laaste uitweg nie. Hy voer aan Motus het versuim het om alternatiewe opsies te oorweeg tydens konsultasies…
14 Jun 4AM 1 min

Kavango-Wes ly steeds onder armoede, swak dienste

Volgehoue armoede en swak landelike dienste hou die Kavango-Wes-streek steeds terug. Van watertekorte tot beperkte toegang tot gesondheid en onderwys, staar die streek diep, multidimensionele probleme in die gesig. Goewerneur Verna Sinimbo het in haar streeksrede inwoners, die regering en vennote aangespoor om saam te staan en gesê eenheid en…
14 Jun 3AM 1 min

DA kla by Menseregtekommissie oor statutêre verkragting

Die DA sê duisende tienerswangerskappe beklemtoon 'n ernstige ineenstorting in die regering se stelsel vir die aanmelding en vervolging van seksuele misbruik van kinders. Die party het 'n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien omdat baie gevalle van statutêre verkragting nie soos deur die wet vereis, behoorlik aangemeld word nie…
14 Jun 2AM 1 min