Klein besighede kan nou aansoek doen vir toelaes van tussen 50 000 Namibiese dollar en 100 000 dollar deur 'n nuwe KMO-fonds, bestuur deur die Namibië Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad. Die fonds teiken geregistreerde klein en mediumgrootte ondernemings met 'n jaarlikse omset van tot 10 miljoen en ten minste 51 persent…
Namibië is een stap nader aan intydse digitale betalings. Die Bank van Namibië het suksesvol proeftoetsing van die land se kitsbetalingsoplossing voltooi, wat die weg baan vir 'n gefaseerde bekendstelling wat sal begin met regerings-maatskaplike toelaebetalings en later sal uitbrei om die publiek vinniger, geriefliker en toegankliker betaalopsies te bied…
Die motorbedryfvakbond Misa het die voertuighandelaar Motus gekritiseer vir die aflegging van 67 werknemers te midde van goeie voertuigverkoopsyfers en 'n beter finansiële vertoning. Misa sê die afleggings is ongeregverdig en nie 'n laaste uitweg nie. Hy voer aan Motus het versuim het om alternatiewe opsies te oorweeg tydens konsultasies…
Volgehoue armoede en swak landelike dienste hou die Kavango-Wes-streek steeds terug. Van watertekorte tot beperkte toegang tot gesondheid en onderwys, staar die streek diep, multidimensionele probleme in die gesig. Goewerneur Verna Sinimbo het in haar streeksrede inwoners, die regering en vennote aangespoor om saam te staan en gesê eenheid en…
Die DA sê duisende tienerswangerskappe beklemtoon 'n ernstige ineenstorting in die regering se stelsel vir die aanmelding en vervolging van seksuele misbruik van kinders. Die party het 'n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien omdat baie gevalle van statutêre verkragting nie soos deur die wet vereis, behoorlik aangemeld word nie…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.