Ecoskoops - 19 Mei 2026

Loading player...
In vandag se program gesels ons met dr. Gabriela Alberola. Dr. Alberola is 'n postdoktorale navorser in die Departement Politieke Wetenskap aan die Universiteit van Amsterdam. Sy benut haar interdissiplinêre agtergrond in biologie, omgewingsbeleid en politieke wetenskap, gekombineer met haar wortels in aktivisme, om dringende omgewingsuitdagings aan te spreek. Vandag vertel sy ons meer oor haar navorsing oor klimaatsfinansiering en -aanpassing en hoe dit gemeenskappe op 'n grondvlak beïnvloed.
19 May Afrikaans South Africa Daily News · Nature

Other recent episodes

Ecoskoops - 28 Julie 2026

Vandag op die program gesels ons met die uitvoerende hoof en stigter van Refreshi, Jakob Holbak. Refreshi is 'n Suid-Afrikaanse digitale platform en mobiele toepassing wat oortollige voedsel van supermarkte, restaurante, bakkerye, koffiewinkels en soortgelyke ondernemings teen groot afslag aan verbruikers beskikbaar stel – hoofsaaklik deur middel van verrassingspakkies. Refreshi…
28 Jul 5 min

Ecoskoops - 23 Julie 2026

Vandag op die program gesels ons met die Direkteur van Implementering vir die Afrika-streek by C40 Cities, Lusanda Madikizela. Sy spesialiseer in volhoubare vervoer, nul-emissie vrag en klimaatslim stadinfrastruktuur. Sy vertel ons meer van hoe C40 Cities Afrika-lande help om hul koolstofvrystellings te verminder.
23 Jul 5 min

Ecoskoops - 21 Julie 2026

Vandag op die program gesels ons met die Direkteur van Implementering vir die Afrika-streek by C40 Cities, Lusanda Madikizela. Sy spesialiseer in volhoubare vervoer, nul-emissie vrag en klimaatslim stadinfrastruktuur. Sy vertel ons meer van hoe C40 Cities Afrika-lande help om hul koolstofvrystellings te verminder.
21 Jul 4 min

Ecoskoops - 16 Julie 2026

Vandag op die program gesels ons verder met Jonathan Lule van bPOWERd. bPOWERd bedryf 'n daaglikse huurdiens vir draagbare litium-ioon batterye via geselekteerde bp winkels en vulstasies in Suid-Afrika.
16 Jul 4 min

Ecoskoops - 14 Julie 2026

Vandag op die program gesels ons met Jonathan Lule van bPOWERd. bPOWERd bedryf 'n daaglikse huurdiens vir draagbare litium-ioon batterye via geselekteerde bp winkels en vulstasies in Suid-Afrika.
14 Jul 4 min