Skietery by San Diego-moskee is ‘haatmisdaad’

Loading player...
Die polisie in San Diego, Kalifornië, beskou die noodlottige skietery by die Islamitiese Sentrum in die stad as ʼn haatmisdaad. Drie mense, insluitend ʼn veiligheidswag, is in die voorval dood. Twee tiener-verdagtes is naby die toneel in ʼn motor aangetref nadat hulle blykbaar hulself doodgeskiet het. Die sentrum is die grootste moskee in die San Diego-distrik. Die polisiehoof, Scott Wahl, sê voor hulle berigte oor skote ontvang het, het ʼn ma die owerhede gebel en haar seun as vermis aangemeld:
19 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toesig oor dobbeladvertensies word versterk

Die Nasionale Dobbelraad en die Advertensie-reguleringsraad het 'n ooreenkoms van verstandhouding onderteken om toesig te versterk oor dobbeladvertensies en verbruikers-beskerming. Dit sal tradisionele en digitale platforms dek, insluitend televisie, radio, reklameborde en sosiale media. Die raad se waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, sê die vinnige groei van aanlyn dobbelary vereis…
18 Sep 11AM 1 min

Nasria kondig goeie finansiële resultate aan

Birgit Hoffmann, die adjunkvoorsitter van die Namibië Spesiale Risiko-versekeringsvereniging, Nasria, sê die maatskappy het uitstekende finansiële resultate in 2025/26 behaal. 'n Wins van 97 miljoen Namibiese dollar is aangeteken en 'n dividend van 17 miljoen dollar is aan die regering, Nasria se hoof-aandeelhouer oorhandig. Hoffmann het by Nasria se jaarvergadering…
18 Sep 11AM 1 min

Donderstorms, wind oor naweek in sommige dele

Weerstoestande sal na verwagting vanaf vanaand oor groot dele van Namibië meer aktief raak namate verskeie afsny-laedrukstelsels oor die streek op mekaar inwerk. Die meteoroloog Albertina Anderson van die weerdiens sê donderstorms en sterk wind kan in dele van die land verwag word. Sy het meer:
18 Sep 10AM 1 min

Unam-gesprek oor onopgeloste onregte eer Lubowski

Unam bied Maandag om 5-uur 'n rondetafelgesprek op sy Windhoek-kampus aan wat fokus op aanspreeklikheid, geregtigheid en wat die organiseerders beskryf as die stryd om Namibië se "ware onafhanklikheid". Die geleentheid, wat gehou word ter ere van die vermoorde regsgeleerde en onafhanklikheid-voorstander Anton Lubowski, bring verskillende stemme byeen om te…
18 Sep 10AM 1 min