DA het lof vir Steenhuisen se landbou-begroting

Loading player...
Die DA sê die minister van landbou, John Steenhuisen, se begrotingsrede weerspieël sterk landbouwinste, onder meer dat Suid-Afrika die wêreld se voorste sitrusuitvoerder geword en Spanje verbygesteek het. DA-woordvoerder Beyers Smit sê uitvoere het 2,9 miljoen ton in 2025 bereik. Die sektor het ook 268,7 miljard Suid-Afrikaanse rand in uitvoerverdienste aangeteken en ondersteun byna 950 000 werksgeleenthede. Hy sê die regering het die invoer van bek-en-klouseer-entstof versnel en marktoegang uitgebrei, ook in China, wat uitvoere, belegging en landelike werksgeleenthede 'n hupstoot gegee het:
17 May 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Amushelelo niks lus om tot 30ste te wag nie, stel nuwe ultimatum

Aktivis Michael Amushelelo, is besig om ‘n vreedsame padprotesoptog te reël, mits vervoerminister Veikko Nekundi nie teen Vrydag die spoedbrekers op Windhoek se B1 Westelike Verbypad verwyder het nie. Dit volg ná regter Gabriel Komboni Vrydagmiddag in die hoërhof sy uitspraak tot 30 Junie voorbehou het in Amushelelo se dringende…
15 Jun 12AM 1 min

Nie-nakoming rakende finansiële state wek toenemend kommer

Bestuursdeskundige Pius Dunaiski het ernstige kommer uitgespreek oor die ouditeur-generaal se bevindinge dat 'n toenemende aantal dorps-, stads- en streeksrade versuim om hul finansiële state in te dien, en waarsku dat dié neiging 'n beduidende ineenstorting van aanspreeklikheid binne Namibië se openbare administrasie verteenwoordig. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus…
15 Jun 12AM 1 min

Boere en hommeltuie kom onder die loep in NamPol-gesprek

Die gebruik van hommeltuie op plase was Vrydag ‘n belangrike gesprekspunt tydens die jaarlikse vergadering tussen die Namibiese Landbou-unie, die Namibiese Nasionale Boerevereniging en NamPol op Otjiwarongo. Groot kommer en onduidelikheid bestaan oor dié kwessie, het NLU-president Thinus Pretorius aan Kosmos 94.1 Nuus gesê:
14 Jun 11PM 1 min

Kaapstad stig eie speureenheid vir stad

Die DA-leier en burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die Stad Kaapstad beplan om sy eie Metropolisie-speureenheid te stig om misdaadbestrydingpogings te versterk. Tydens die bekendstelling van sy herverkiesingsveldtog het Hill-Lewis gesê baie gemeenskappe word in die steek gelaat weens te min hulpbronne, swak leierskap en korrupsie. Hy sê die…
14 Jun 11PM 1 min

Nuwe KMO-fonds hupstoot vir klein besighede

Klein besighede kan nou aansoek doen vir toelaes van tussen 50 000 Namibiese dollar en 100 000 dollar deur 'n nuwe KMO-fonds, bestuur deur die Namibië Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad. Die fonds teiken geregistreerde klein en mediumgrootte ondernemings met 'n jaarlikse omset van tot 10 miljoen en ten minste 51 persent…
14 Jun 6AM 1 min