Twee vas in Gautent oor vuurwapenvideo

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het twee mans in hegtenis geneem in verband met 'n wydverspreide sosialemedia-video wat wys hoe vroue vuurwapens roekeloos hanteer. Gauteng-misdaadintelligensie het die verdagtes in Tembisa opgespoor, en ongelisensieerde vuurwapens en 'n gekaapte voertuig teruggevind. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die verdagtes, onderskeidelik 21 en 34 jaar oud, staan tereg op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, en die besit van 'n gekaapte voertuig:
17 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Boere en hommeltuie kom onder die loep in NamPol-gesprek

Die gebruik van hommeltuie op plase was Vrydag ‘n belangrike gesprekspunt tydens die jaarlikse vergadering tussen die Namibiese Landbou-unie, die Namibiese Nasionale Boerevereniging en NamPol op Otjiwarongo. Groot kommer en onduidelikheid bestaan oor dié kwessie, het NLU-president Thinus Pretorius aan Kosmos 94.1 Nuus gesê:
14 Jun 11PM 1 min

Kaapstad stig eie speureenheid vir stad

Die DA-leier en burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die Stad Kaapstad beplan om sy eie Metropolisie-speureenheid te stig om misdaadbestrydingpogings te versterk. Tydens die bekendstelling van sy herverkiesingsveldtog het Hill-Lewis gesê baie gemeenskappe word in die steek gelaat weens te min hulpbronne, swak leierskap en korrupsie. Hy sê die…
14 Jun 11PM 1 min

Nuwe KMO-fonds hupstoot vir klein besighede

Klein besighede kan nou aansoek doen vir toelaes van tussen 50 000 Namibiese dollar en 100 000 dollar deur 'n nuwe KMO-fonds, bestuur deur die Namibië Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad. Die fonds teiken geregistreerde klein en mediumgrootte ondernemings met 'n jaarlikse omset van tot 10 miljoen en ten minste 51 persent…
14 Jun 6AM 1 min

Namibië nader aan intydse digitale betalings

Namibië is een stap nader aan intydse digitale betalings. Die Bank van Namibië het suksesvol proeftoetsing van die land se kitsbetalingsoplossing voltooi, wat die weg baan vir 'n gefaseerde bekendstelling wat sal begin met regerings-maatskaplike toelaebetalings en later sal uitbrei om die publiek vinniger, geriefliker en toegankliker betaalopsies te bied…
14 Jun 5AM 1 min

Motorbedryfvakbond roskam Motuss oor afleggings

Die motorbedryfvakbond Misa het die voertuighandelaar Motus gekritiseer vir die aflegging van 67 werknemers te midde van goeie voertuigverkoopsyfers en 'n beter finansiële vertoning. Misa sê die afleggings is ongeregverdig en nie 'n laaste uitweg nie. Hy voer aan Motus het versuim het om alternatiewe opsies te oorweeg tydens konsultasies…
14 Jun 4AM 1 min