Aktivis Michael Amushelelo, is besig om ‘n vreedsame padprotesoptog te reël, mits vervoerminister Veikko Nekundi nie teen Vrydag die spoedbrekers op Windhoek se B1 Westelike Verbypad verwyder het nie. Dit volg ná regter Gabriel Komboni Vrydagmiddag in die hoërhof sy uitspraak tot 30 Junie voorbehou het in Amushelelo se dringende…
Bestuursdeskundige Pius Dunaiski het ernstige kommer uitgespreek oor die ouditeur-generaal se bevindinge dat 'n toenemende aantal dorps-, stads- en streeksrade versuim om hul finansiële state in te dien, en waarsku dat dié neiging 'n beduidende ineenstorting van aanspreeklikheid binne Namibië se openbare administrasie verteenwoordig. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus…
Die gebruik van hommeltuie op plase was Vrydag ‘n belangrike gesprekspunt tydens die jaarlikse vergadering tussen die Namibiese Landbou-unie, die Namibiese Nasionale Boerevereniging en NamPol op Otjiwarongo. Groot kommer en onduidelikheid bestaan oor dié kwessie, het NLU-president Thinus Pretorius aan Kosmos 94.1 Nuus gesê:
Die DA-leier en burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die Stad Kaapstad beplan om sy eie Metropolisie-speureenheid te stig om misdaadbestrydingpogings te versterk. Tydens die bekendstelling van sy herverkiesingsveldtog het Hill-Lewis gesê baie gemeenskappe word in die steek gelaat weens te min hulpbronne, swak leierskap en korrupsie. Hy sê die…
Klein besighede kan nou aansoek doen vir toelaes van tussen 50 000 Namibiese dollar en 100 000 dollar deur 'n nuwe KMO-fonds, bestuur deur die Namibië Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad. Die fonds teiken geregistreerde klein en mediumgrootte ondernemings met 'n jaarlikse omset van tot 10 miljoen en ten minste 51 persent…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.