Die Forum for South Africa eis president Cyril Ramaphosa se bedanking en beskuldig hom daarvan dat hy aanspreeklikheid oor die Phala Phala-saak systap. Die organisasie sê Ramaphosa se regspogings om die Parlement se ampsklagproses te stop, laat ernstige vrae ontstaan oor sy leierskap en geloofwaardigheid. FOSA-woordvoerder Tebogo Mashilompane sê die…
Die onderwysministerie gaan ‘n ondersoek van stapel stuur na 'n reeks bewerings wat op sosiale media die ronde doen rakende Windhoek Internasionale Skool. Die bewerings sluit in beskuldigings van boeliegedrag, onvoldoende reaksies op studentewelsynskwessies, onreëlmatighede in die bestuur, personeelkwessies en kommer oor die skool se raadstruktuur. Woordvoerder van die ministerie,…
Namibiërs word aangespoor om voor te berei vir 'n bitter koue, nat en winderige week wat voorlê. Die Namibiese Meteorologiese Diens sê die koue sal Woensdag intree, wat ryp, reënbuie, donderbuie en 'n skerp daling in temperature oor groot dele van die land sal meebring, insluitend die sentrale plato, suidelike…
Aktivis Michael Amushelelo, is besig om ‘n vreedsame padprotesoptog te reël, mits vervoerminister Veikko Nekundi nie teen Vrydag die spoedbrekers op Windhoek se B1 Westelike Verbypad verwyder het nie. Dit volg ná regter Gabriel Komboni Vrydagmiddag in die hoërhof sy uitspraak tot 30 Junie voorbehou het in Amushelelo se dringende…
Bestuursdeskundige Pius Dunaiski het ernstige kommer uitgespreek oor die ouditeur-generaal se bevindinge dat 'n toenemende aantal dorps-, stads- en streeksrade versuim om hul finansiële state in te dien, en waarsku dat dié neiging 'n beduidende ineenstorting van aanspreeklikheid binne Namibië se openbare administrasie verteenwoordig. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.