Trump sê Xi stem saam oor Iran en kernwapens

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê die Chinese leier, Xi Jinping, het gister tydens samesprekings ingestem om geen militêre toerusting aan Iran te verskaf nie. Beijing was in die 1980’s ʼn belangrike verskaffer van konvensionele wapens aan Iran. Hy het egter in 2015 oordragte gestaak na die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad Resolusie 2231 internasionale ondersoeke van sulke oordragte verskerp het. Trump het in ʼn onderhoud met Fox News gesê president Xi is ook daarteen gekant dat Iran kernwapens kry:
15 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Obama twyfel of Trump-ooreenkoms syne van 2015 kan oortref

Die gewese Amerikaanse president, Barack Obama, twyfel of enige ooreenkoms tussen sy land en Iran beduidend anders of 'n verbetering sal wees op 2015 se gesamentlike omvattende kernooreenkoms. President Donald Trump het dit in sy eerste termyn opgeskort. Washington en Teheran het 'n vredesooreenkoms bereik, insluitend die heropening van die…
15 Jun 3AM 1 min

McKenzie sê Bafana fokus op wedstryde wat kom

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het Suid-Afrika aangespoor om Bafana Bafana tydens hul volgende Groep A-wedstryd hierdie week te ondersteun. Suid-Afrika pak die Tsjeggiese Republiek Donderdag om ses-namiddag Suid-Afrikaanse tyd in die Atlanta-stadion, met die laaste groepwedstryd teen Suid-Korea op 24 Junie in die Monterrey-stadion, Mexiko…
15 Jun 3AM 1 min

Meer as 40 000 onwettige migrante sedert Januarie in SA aangekeer

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê meer as 40 000 onwettige buitelanders is sedert begin vanjaar aangekeer, meer as 7 400 net in die afgelope maand. Die regering verskerp optrede teen onwettige immigrasie en stel strenger grensbeheer in. Kubayi, wat voorsitter is van die tussenministeriële komitee…
15 Jun 2AM 1 min

Zim se Krog vat Zambiese Ope

Die Zimbabwiër Stuart Krog het die Zambiese Ope op die Nkana-klub met 'n enkele hou gewen vir sy eerste Sonskyntoer-titel. Sy laaste ronde van 66 het hom laat eindig op vyf onder syfer, gevolg deur die Suid-Afrikaner Jason Roets, met 'n laaste ronde van 75. Die Suid-Afrikaners Hayden Porteus en…
15 Jun 2AM 1 min

FOSA sê Cyril moet bedank oor Phala Phala

Die Forum for South Africa eis president Cyril Ramaphosa se bedanking en beskuldig hom daarvan dat hy aanspreeklikheid oor die Phala Phala-saak systap. Die organisasie sê Ramaphosa se regspogings om die Parlement se ampsklagproses te stop, laat ernstige vrae ontstaan oor sy leierskap en geloofwaardigheid. FOSA-woordvoerder Tebogo Mashilompane sê die…
15 Jun 1AM 1 min