Die minister van Geslagsgelykheid, Emma Kantema, sê die beskerming van kinders se welstand is 'n verantwoordelikheid wat deur almal ernstig opgeneem moet word. In 'n toespraak by die SOS Kinderdorp in Windhoek het Kantema Namibië se verbintenis tot internasionale en kontinentale raamwerke, insluitend die VN-konvensie oor die Regte van die…
Met "Operation BASADI" wat die week landwyd geloods is, het die Namibiese polisie hul patrollies hier in die hoofstad van stapel gestuur om veral die geveg van geweld teen vroue en kinders te verskerp. Die Copps 94.1 span het saam met die polisie patrollie gedoen. Kosmos 94.1 se Francois Lottering…
Die Nasionale Dobbelraad en die Advertensie-reguleringsraad het 'n ooreenkoms van verstandhouding onderteken om toesig te versterk oor dobbeladvertensies en verbruikers-beskerming. Dit sal tradisionele en digitale platforms dek, insluitend televisie, radio, reklameborde en sosiale media. Die raad se waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, sê die vinnige groei van aanlyn dobbelary vereis…
Birgit Hoffmann, die adjunkvoorsitter van die Namibië Spesiale Risiko-versekeringsvereniging, Nasria, sê die maatskappy het uitstekende finansiële resultate in 2025/26 behaal. 'n Wins van 97 miljoen Namibiese dollar is aangeteken en 'n dividend van 17 miljoen dollar is aan die regering, Nasria se hoof-aandeelhouer oorhandig. Hoffmann het by Nasria se jaarvergadering…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.