VERSKILMAKERS: Operation Healing Hands

Loading player...
Op 14 Junie pak Neels Janse van Rensburg die ikoniese Comrades Marathon aan — nie net vir die medalje nie, maar vir ’n saak wat sy hart diep raak. Hy hardloop ten bate van Operation Healing Hands, ’n organisasie wat lewensveranderende operasies moontlik maak vir mense wat dit nie kan bekostig nie. Hierdie jaar hardloop hy spesifiek vir Paul Vorster van NG Gemeente Silvertonkruin, wat dringend ’n skouervervangingsoperasie benodig om weer te kan werk en sy waardigheid terug te kry. Neels, Paul en Helene Basson van Operation Healing Hands het by Sarina aangesluit.
7 May 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Hoe veilig is Pretoria se water?

Die Stad Tshwane het alternatiewe watervoorsiening vir die Pretoria-middestad en omliggende gebiede in werking gestel. Dit volg nadat watergehalte-toetse mikrobiologiese besoedeling in water uit die Findlay-reservoir opgespoor het. Die besoedeling is opgemerk nadat 'n rioolpyp gebars en tot verhoogde mikrobiese voorkoms in die bestaande chloorvlakke gelei het. Onafhanklike waterkenner, Francois…
23 Oct 5AM 15 min

Snoete-goete: Ken jy al hierdie "luiperd"-spesies?

Het jy geweet Suid-Afrika het heelwat “luiperds” wat glad nie groot katte is nie? Van skoenlappers en motte tot paddas, skilpaaie, plante en selfs seediere – talle spesies dra die naam vanweë hul kenmerkende kolle of patrone. Die Cape Leopard Trust het onlangs hierdie interessante deel van ons land se…
23 Oct 4AM 9 min

VERSKILMALKERS: Heartfelt Foods

Kos op die tafel gaan oor veel meer as net voeding – dit gaan oor waardigheid, hoop en volhoubare oplossings. Heartfelt Foods, die voedingsprogramtak van Food Sock Meals wat deur Carl van Blerk gestig is, het uit voedselhulpwerk tydens die COVID-19-pandemie ontstaan. Vandag help hulle om voedsame, bekostigbare en maklik…
22 Oct 5AM 19 min

SA een van die lande wat die meeste Bybel lees!

YouVersion, die skepper van die wêreld se gewildste Bybeltoepassing, het vroeër vanjaar ’n plaaslike spilpunt in Suid-Afrika gevestig om Bybelbetrokkenheid in Afrika verder uit te brei. Met meer as 30 miljoen downloads van YouVersion se Bybeltoepassings in Suid-Afrika, tel ons land onder die top vyf lande ter wêreld wat daaglikse…
21 Oct 6AM 8 min

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min