Van Misdaad tot Megawatt

Loading player...
Hierdie week se KLETS begin by die mense wat veronderstel is om die land veilig te hou… maar dit voel al hoe meer soos ’n oudisie.

Die topbestuur van die polisie in Suid-Afrika is almal “acting”, en die vraag is nie net wie kry die pos nie… maar wie gaan die Oscar kry vir beste "supporting actor" in hierdie misdaad?

Die oorlog, of soos dit nou al hoe meer bekend staan, “Trump se oorlog”, hou aan draai. Dis tweets, statements en magspel, en êrens tussen dit alles probeer die wêreld uitfigure wat werklik aangaan en wie regtig beheer het.

En dan… realiteit.

Winter is op pad. Ons kyk na watter elektriese toestelle jou kragrekening die meeste opjaag. Want terwyl die wêreld brand, brand jou ketel en heater dalk jou begroting.

Dis polisie en performance.
Dis oorlog en opinies.
Dis krag en kostes.

Dis KLETS.
29 Apr Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Renosters, Recovery en Rage Applying

Hierdie week se KLETS begin met twaalf stappe. Die wêreld het nog nie eens stap een klaar gekry nie. *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/renosters-recovery-en-rage-applying/ Ons kyk ook na wat in jou kantoor aangaan. Jy doen dit dalk al. Jy weet net nie die naam daarvoor nie. Gavin Sterley…
10 Jun 1 hr 03 min

Nie Alles met Horings is 'n Ferrari nie

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/wp-admin/post.php?post=23787&action=edit Hierdie week se KLETS begin met rocklegendes… en eindig waar jy dalk twee keer moet dink voor jy 'n Woolies hoender gaan koop. Bohemian Rhapsody van Queen is een van die mees iconic songs ooit geskryf. Die goed wat jy nie geweet het…
3 Jun 56 min

Van Fluitjieblasers tot AI-Affairs

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/van-fluitjieblasers-tot-ai-affairs/ Sommige dinge verander nie. Die misdaadsyfers is uit. Die petrol gaan op. Die rentekoers dalk ook. En die man wat Suid-Afrika se bekendste skelmsváanger is, het sy eie fluitjieblaser. Ons kyk na die werksplek en deel raad oor hoe om beter te wees…
27 May 1 hr 03 min

Die Wêreld Sluk. Kaapstad Verhuur. Ons Dra Blazers.

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/die-wereld-sluk-kaapstad-verhuur-en-ons-dra-blazers/ Die wêreld is op antidepressante. Die Quality of Life Index sê ons leef beter. Jou WhatsApp group verskil. Dan die AI wat ons almal effens uncomfortable maak: wetenskaplikes het AI agente in 'n mock wêreld gesit en gekyk wat gebeur. Sommige het oorleef…
20 May 1 hr 06 min

Cupcake, Krokodille en Ander Gevare

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/krokodille-byt-die-hof-ook/ Hierdie week se KLETS begin by die hof… want die hof het gepraat, en Cupcake se kieringkies ruik al klaar na braai. Die Konstitusionele Hof het sy uitspraak gemaak oor die Phala Phala skandaal, en die vraag is nie meer óf dit seer…
13 May 1 hr 02 min