Griekwas, Pumas vergroot gaping bo-aan punteleer

Loading player...
Die Pumas en Griekwas het die naweek in die SA Beker die punteverskil tussen hulle en hul teenstanders vergroot met klinkende oorwinnings in hul sesde ronde wedstryde. Die Pumas het die Luiperds Vrydagaand met 85-0 by Mbombela-stadion geklop en Saterdag het Griekwas hul sesde agtereenvolgende oorwinning behaal toe hulle die Oostelike Provinsie met 52-9 verslaan het. Die Griekwas loop nou voor met 30 ligapunte, gevolg deur die verdedigende kampioene, die Pumas, drie punte agter in die tweede plek met 27.
21 Apr Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Oktober is Downsindroommaand

Oktober is Downsindroommaand. Annien van Tonder van Club 21 vertel wat jy kan doen om meer ondersteunend en inklusief te wees.
28 Oct 6 min

Onderversekering: Herbou van huis kan meer kos as wat jy dink

'n Huis kan op papier lyk asof dit voldoende verseker is, terwyl dit in werklikheid aansienlik onderverseker is. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur verduidelik waarom die herbouwaarde belangrik is, hoe onderversekering gedeeltelike eise kan beïnvloed, en waarna huiseienaars moet kyk.
28 Oct 14 min

Braai Hard vir Power of 8 000

Die tweede aflewering van Braai Hard vind Saterdag plaas ten bate van Power of 8 000. Greg Austin en Angela Kent gesels met die Middag Game Drive.
27 Oct 7 min