Beskerming en benutting van biologiese hulpbronne in die soeklig

Loading player...
Die omgewingsministerie het 'n beroep gedoen op streng afdwinging van die raamwerk vir toegang en voordeel-deling om Namibië se biologiese hulpbronne te benut en te beskerm. Uitvoerende direkteur in die ministerie, Sikongo Haihambo, het tydens 'n toegang-en-voordeeldeling-opleidingsessie onthul dat Namibië se biohandelsektor 4,5 persent tot die nasionale ekonomie bydra, met die land se duiwelsklou wat 90 persent van die wêreldmark voorsien.
15 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oproepe om regsgeskille vinniger en meer bekostigbaar te maak

Die druk op Namibië se regstelsel is tydens die driedaagse "State of Justice"-konferensie onder die loep geneem, met oproepe om vinniger en meer bekostigbare maniere om geskille te besleg. Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n geldige punt oor die oorbelasting van die howe, veral…
20 Sep 3AM 1 min

VERKEER: Staal op B1 pad tussen Whk en Rhb

Motoriste op die B1-pad tussen Windhoek en Rehoboth word gevra om stadig en versigtig te ry, na ‘n berig ontvang is dat daar ‘n vrag staal op die padoppervlakte in die Stable View-omgewing opgemerk is. Dis nog nie bekend of verkeersowerhede reeds na die toneel ontplooi is vir opruimingswerk nie…
20 Sep 1AM 1 min

Lesotho en Suid-Korea vier 60 jaar van diplomatieke betrekkinge

Lesotho en Suid-Korea het tydens 'n geleentheid in Maseru 60 jaar van diplomatieke betrekkinge herdenk. Lesotho se minister van Indiensneming en Arbeid, Ts'eliso Mokhosi, het die verhouding beskryf as een van wedersydse respek en samewerking. Hy het Suid-Korea se ondersteuning vir vaardigheidsontwikkeling deur die Koreaanse Internasionale Samewerkingsagentskap beklemtoon. Mokhosi sê…
19 Sep 6AM 1 min

Gendev Fishing Group-werknemers vra vir veranderinge

Meer as 600 werknemers van Gendev Fishing Group dring in 'n petisie aan op veranderinge in die maatskappy se leierskap en bestuur, en spreek kommer uit oor werksomstandighede en salarisbetalings. Hulle beweer dat die ooreenkoms vanaf Augustus in 'n basiese salaris van sowat 6 000 Namibiese dollar voorsien. Die petisie…
19 Sep 6AM 1 min

Cran bevestig kuber-aanval op Verdedigings-ministerie

Die Kommunikasie Reguleringsowerheid van Namibië sê dit werk met rolspelers om tegniese ondersteuning te bied na die kuberaanval op die ministerie van Verdediging. Cran sê ‘n Namibië Cyber Security Incident Response Team-analise het bevestig die internasionale RansomHouse-groep is vir die kuber-aanval verantwoordelik – dit het reeds verlede Saterdag plaasgevind. Vroeër…
19 Sep 5AM 1 min