Pumas skuif op na tweede na hulle Bulldogs looi

Loading player...
Die verdedigende SA Beker-kampioen, die Airlink Pumas, het hul sterk vertoning die naweek voortgesit met 'n klinkende 94-5 oorwinning – hul vierde van die seisoen – oor die Border Bulldogs by die Sisa Dukashe-stadion Saterdag. Die naweek se uitslae hou Griekwas bo-aan die punteleer met 25 punte na vyf oorwinnings. Hulle word gevolg deur die Pumas wat met 22 punte opskuif bo die SWD Arende weens ‘n beter punteverskil. Die Pumas is Vrydagaand weer tuis in aksie in die SA Beker wanneer hulle die Luiperd verwelkom. Jimmy Stonehouse kuier in die ateljee.
14 Apr Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Oktober is Downsindroommaand

Oktober is Downsindroommaand. Annien van Tonder van Club 21 vertel wat jy kan doen om meer ondersteunend en inklusief te wees.
28 Oct 6 min

Onderversekering: Herbou van huis kan meer kos as wat jy dink

'n Huis kan op papier lyk asof dit voldoende verseker is, terwyl dit in werklikheid aansienlik onderverseker is. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur verduidelik waarom die herbouwaarde belangrik is, hoe onderversekering gedeeltelike eise kan beïnvloed, en waarna huiseienaars moet kyk.
28 Oct 14 min

Braai Hard vir Power of 8 000

Die tweede aflewering van Braai Hard vind Saterdag plaas ten bate van Power of 8 000. Greg Austin en Angela Kent gesels met die Middag Game Drive.
27 Oct 7 min