Paasnaweek in die wildtuin: Drama, boetes en gelukkige besoekers

Loading player...
SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met 2-duisend-500-Rand beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In video-materiaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende gebare na omstanders wat hom teen die gevaar waarsku. Owerhede het hom by die hek beboet. ‘n Woordvoerder, Rey Thakhuli, sê nog ‘n man is gewaar waar hy naby Olifante buite sy voertuig rondloop en selfies neem.
8 Apr Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Oktober is Downsindroommaand

Oktober is Downsindroommaand. Annien van Tonder van Club 21 vertel wat jy kan doen om meer ondersteunend en inklusief te wees.
28 Oct 6 min

Onderversekering: Herbou van huis kan meer kos as wat jy dink

'n Huis kan op papier lyk asof dit voldoende verseker is, terwyl dit in werklikheid aansienlik onderverseker is. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur verduidelik waarom die herbouwaarde belangrik is, hoe onderversekering gedeeltelike eise kan beïnvloed, en waarna huiseienaars moet kyk.
28 Oct 14 min

Braai Hard vir Power of 8 000

Die tweede aflewering van Braai Hard vind Saterdag plaas ten bate van Power of 8 000. Greg Austin en Angela Kent gesels met die Middag Game Drive.
27 Oct 7 min