Suide kan die week nog neerslae verwag

Loading player...
Die reënseisoen is steeds aan die gang, maar die verwagtinge vir verdere reën ná April is skraal. Volgens weerkenners kan Namibiërs steeds gedurende April reën verwag, met die Noorde wat goeie reën kan ontvang. In die korttermyn, veral die week, word goeie neerslae vir die verre Suide verwag. Kosmos 94.1 Nuus het met Elias Aiyambo van die Namibiese weerkantoor gepraat.
7 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vance verdedig ooreenkoms met Iran

Internasionaal en Iran se opperleier, Mojtaba Khamenei, het in 'n boodskap op staatsmedia gesê hy het aanvanklik nie met die memorandum van verstandhouding wat met die VSA onderteken is saamgestem nie. Hy het egter toestemming daarvoor gegee na versekerings van die Iranse president dat ‌die land se regte‌ en die…
18 Jun 11PM 1 min

Agribank heroorweeg vereistes vir aartappelfinansiering

Agribank sê sy loodsprogram vir aartappelfinansiering wat in Maart 2025 van stapel gestuur is, toon dat baie kleinskaalse boere sukkel om aan die leningsvereistes te voldoen. Woordvoerder Fillemon Nangonya sê 26 boere het vir die tweejaar-loodsprogram aansoek gedoen, maar net vyf het gekwalifiseer na 'n deeglike ondersoekproses. Hy het aan…
18 Jun 11AM 1 min

34 000 SA werklose gekwalifiseerdes opgelei vir kiesersregistrasie

Die Verkiesingskommissie het 48-duisend-212 personeellede aangestel en opgelei om die komende naweek se spesiale kieserregistrasieproses te ondersteun. Uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het bevestig ongeveer 34-duisend van hulle is werkloos, maar gekwalifiseerd. Hy beklemtoon die rol wat verkiesingsbedrywighede speel om tydelike werk en waardevolle vaardigheidsontwikkelingsgeleenthede te skep. Mamabolo sê 37-duisend aangesteldes…
18 Jun 11AM 1 min

NamPol, forum het dronkbestuur in die visier

Namibië Brouerye, die Namibië Padveiligheidsforum en die Namibiese Polisie het vandag die Bestuur Onder die Invloed Assessering- en Afdwingingsprogram van stapel gestuur. Die gesamentlike inisiatief is daarop gemik om 'n betroubare, datagedrewe beeld te skep van alkohol se impak op bestuurdersgedrag en padveiligheid in Namibië. Hoof van NamPol se verkeerswetstoepassing,…
18 Jun 10AM 1 min