Bloemskou 2026 is hier!

Loading player...
Bloemskou begin op 23 April en duur tot 2 Mei vanjaar. Pulane Nel-Sekepe geselsmet die Hoof Uitvoerende Beampte van Bloemskou, Elmarie Prinsloo, om uit te vind watter opwindende verrassings daar vir vanjaar se skou voorlê. Elmarie deel wenke oor hoe om op kaartjies te spaar, watter opsies beskikbaar is vir die getroue skougangers wat elke dag wil kom inloer, en natuurlik kry ons 'n eksklusiewe kykie na die kunstenaars wat die verhoog gaan laat vlamvat. Hier is alles wat jy moet weet om jou Bloemskou-ervaring onvergeetlik te maak!
1 Apr English South Africa News · Business

Other recent episodes

Golfdag vir 'n goeie doel by Orkney Golf Klub

Pulane Nel-Sekepe gesels met Tinus Colyn, Beheerliggaamhoof van die Kokke Ondersteunersklub, vir Hoërskool Klerksdorp. Hy deel met ons die geskiedenis van die organisasie, hoekom hulle doen wat hul doen, en met groot opwinding vertel hy waarna die mense kan uitsien vir die Golfdag by Orkney Golf Klub. Hy verduidelik waarvoor…
28 Oct 3 min

Nampo Kersmark 2026

Pulane Nel-Sekepe gesels met Wim Venter, Administratiewe Beampte en Organiseerder van die OFM NAMPO Park Kersmark. 6 & 7 November is NAMPO Park net buite Bothaville die plek om te wees. Vrydag: 08:00–18:00. Saterdag: 08:00–16:00. Toegang: R40 vir volwassenes; kinders onder ses gratis. Saterdag se program: 09:30: Suurdeegdemonstrasie—leer om jou…
28 Oct 4 min

Nampo Alfa 2026: Dr. Dirk Strydom

Besturende Direkteur van NAMPO gesels met Pulane Nel-Sekepe vandag oor Nampo Alfa 2026. Wat alles te sien is die naweek, wat gesinne kan verwag en beleef, en dan ook waantoe hul Nampo Alfa wil laat groei vir die toekoms. Hierdie is jou uitnodiging om dit nou te gaan bywoon.
2 Oct 4 min

JF Vat Vlam 2026

Pulane Nel-Sekepe gesels met Henri Wilken, skoolhoof by Jim Fouche Hoërskool, sowel as Merice Erasmus van bemarking. Hul deel met ons die opwindende nuus oor hul 2026 fondsinsameling wat plaas vind op 24 Oktober saam met die Piesangskille: JF Vat Vlam Vir meer inligting, kontak: 0632026387 of bemarking@jf.co.za
28 Sep 4 min