Drome word werklik: Brutney Singrew oor haar rol as Chelsea in Skemergrond

Loading player...
Van ’n jong meisie in George met groot drome tot ’n sterk, geliefde karakter op die skerm – Brutney Singrew maak haar merk as Chelsea Kannemeyer in Skemergrond 🌼

In my onderhoud gesels sy oor Chelsea se groei, liefde, en hoe hierdie rol haar lewe verander het. Sy deel ook hoe dit voel om deel te wees van so ’n talentvolle span – en hoekom elke dag op stel soos familie voel.
Moenie hierdie inspirerende gesprek misloop nie.
Skemergrond word Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Die reeks is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.
25 Mar 1PM English South Africa Leisure · Music

Other recent episodes

Bonné de Bod: "Elke episode is 'n herinnering aan hoekom ons moet omgee"

Van haaie in die Karibiese See tot leeus in die Krugerwildtuin. In die nuwe seisoen van Bewonder & Bewaar (vanaf 19 April 2026, 20:00 op kykNET) neem die bekroonde aanbieder Bonné de Bod kykers op 'n onvergeetlike reis na die wêreld se mees afgeleë wildernisgebiede. In hierdie geselskap vertel sy…
20 May 1PM 13 min

Hazel se geheim ontplof op Skemergrond — Carmen Maarman vertel alles

Haar storielyn is nou witwarm! Hazel het 'n geheim uitgehou wat haar lewe op 'n wenkbrou kan laat kantel — en Christine het dit op die lappe gebring. In dié gesprek gesels ons met die talentvolle Carmen Maarman oor die druk op haar karakter, die affair met Fabian, en wat…
13 May 1PM 8 min