
Stories oor brandstoftekorte is fopnuus: ministerie
Loading player...
Berigte wat die rondtes doen dat Namibië brandstof tekorte sal ondervind met waarskuwings oor rantsoenering, is deur die energieministerie as fopnuus afgemaak. Volgens vroeë berigte deur lynminister Modestus Amutse, het die land tans drie maande se brandstof in voorraad. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, petroleum ekonoom in die ministerie gepraat, wat sê daar gaan vir die afsienbare toekoms geen tekorte wees nie. Hy antwoord ook wanneer die kommissie gaan vergader om nuwe brandstof pryse te bepaal.

