
Mkhwanazi kritiseer ad hoc-komitee
Loading player...
Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het sekere lede van die parlementêre ad hoc-komitee gekritiseer wat sake skynbaar voortydig beoordeel het sonder om op bewyse te fokus. Hy het getuig op die laaste dag van die ondersoek na beweerde politieke inmenging in die strafregstelsel. Mkhwanazi beklemtoon die komitee se rol is nie om voortydige gevolgtrekkings te maak nie. Hy het egter die parlement se toewyding geprys en sê dit weerspieël verantwoordbaarheid:

