
Cyril trots op suksesvolle skeiding van Siamese tweeling
Loading player...
President Cyril Ramaphosa het die mediese span geluk gewens wat 'n Siamese tweeling van mekaar geskei het in die Mankweng-hospitaal naby Polokwane in Limpopo. Die identiese tweeling, gebore op 28 Januarie, was aan die buik verbind en het 'n lewer en ander lewensbelangrike organe gedeel. Die delikate operasie van sewe-uur is gelei deur professor Nyaweleni Tshifularo. Ramaphosa sê dis 'n geskiedkundige oomblik vir Limpopo en Suid-Afrika se openbare gesondheidsorgsektor:

