Chinese passasiersvoertuie dryf hoër verkope

Loading player...
Simonis Storm se ontleding van Februarie se voertuigverkope toon die beste vertoning vir die maand sedert 2016 en veral passasiersvoertuie het presteer. Ekonoom Almandro Jansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en hy sê dit is die Chinese segment in die mark wat verkope aandryf en sou die status quo hou, sal die tendens voortduur.
Almandro Jan
17 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nanso juig oor Stad Windhoek se hulp met #LosDieTjoef-veldtog

Nanso se #LosDieTjoef-veldtog is terug, ondersteun deur Stad Windhoek. Volgens Nanso se statistieke kom damprook onder jongmense die meeste in die Khomas- en Erongostreke voor. Hulle het selfs die tendens by laerskole aangeteken. Die Stad Windhoek het al damprook in openbare spasies verbied. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder…
17 Mar 10AM 1 min

LP's vra vir spesifieke wette teen kinderhandel en -uitbuiting

Parlementslede het vandag gevra vir spesifieke wetgewing om kinderhandel en -uitbuiting te bekamp. Dit volg op die hofverskyning Maandag van Selma Daniel op aanklagte van mensehandel, kinderuitbuiting en kinderverwaarlosing. Sy het na bewering 'n 15-jarige Angolese meisie in die Oshiyagaya-dorpie in die Oshana-streek verhandel, en haar aan dwangarbeid, verhongering en…
17 Mar 10AM 1 min

Rusland wil nie met kernkrag help, 'hy soek uraan vir bom'

Tydens die sitting van die Inter-regeringskommissie oor Handel en Ekonomiese Samewerking tussen Namibië en Rusland het laasgenoemde belangstelling getoon om plaaslike kernkrag te ontwikkel en selfs versoek om eksklusiewe eksplorasieregte te kry in mynwese-sektore soos uraan. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie oor die kernkrag-ontwikkeling by energiekenner Harald Schütt gekry.
17 Mar 10AM 1 min

Vervoerministerie beskerm nie mense wat e-taxi's gebruik: vakbond

Die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie doen 'n beroep op beter regulering van die vervoersektor. Die president, Werner Januarie, het die vervoerministerie daarvan beskuldig dat hy nie individue teen rooftogte deur vals taxi's beskerm nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Januarie dat individue gereeld beroof word deur misdadigers…
17 Mar 10AM 1 min

Madlanga-kommissie hoor van spanning tussen polisie-kommissarisse

Die Madlanga-kommissie het teenstrydige getuienis aangehoor oor die verhouding tussen die geskorste adjunk-nasionale polisie-kommissaris, Shadrack Sibiya, en die KwaZulu-Natalse kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Sersant Fannie Nkosi het voor die ondersoek getuig die twee het tye van samewerking en spanning ervaar. Hy sê Sibiya het hom al gevra om te help om…
17 Mar 10AM 1 min