Onafhanklikheid: Erongo is gereed

Loading player...
Landwye mobilisering is aan die gang soos Namibië voorberei vir Onafhanklikheidsdag-vieringe hierdie Saterdag. Onder die tema “Verder as 35 vir 'n Voorspoedige Toekoms” het die regering die feestelikhede gedesentraliseer en 250 000 Namibiese dollar aan elke streekgoewerneurskantoor toegeken om plaaslike geleenthede te koördineer. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die Erongo-streeksraad, Lazarus Kanelombe, gepraat wat sê die streek is gereed.
17 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Chinese passasiersvoertuie dryf hoër verkope

Simonis Storm se ontleding van Februarie se voertuigverkope toon die beste vertoning vir die maand sedert 2016 en veral passasiersvoertuie het presteer. Ekonoom Almandro Jansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en hy sê dit is die Chinese segment in die mark wat verkope aandryf en sou die status quo…
17 Mar 8AM 1 min

VSA kan 'diskriminerende arbeidspraktyke' straf - Solidariteit

Die vakbond Solidariteit beplan om dringend met die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse regerings in gesprek te tree oor 'n ondersoek na beweerde diskriminerende arbeidspraktyke. 'n Ondersoek deur die Kantoor van die Verenigde State se Handelsverteenwoordiger kan lei tot hoër tariewe of handelsbeperkings indien daar bevind word Suid-Afrika het die bepalings oortree…
17 Mar 8AM 1 min

Nasionale Vergadering se Vrouekoukus verkies

Die Parlementêre Vrouekoukus se nuwe leierskap is die afgelope naweek verkies, met Swapo wat met ses lede oorheers. Die PDM, IPC en LPM het elk een lid in die koukus. Die raad is getaak om pogings te koördineer om te verseker dat wette geslagsensitief is en die spesifieke behoeftes van…
17 Mar 6AM 1 min

Cosatu sê Eskom se 9% verhoging is onaanvaarbaar

Die vakverbond Cosatu sê hy is bekommerd oor die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se besluit om van 1 Julie 2026 ʼn verhoging van 9,01-persent in elektrisiteitstariewe goed te keur. Dit is in ooreenstemming met die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur wat munisipaliteite toelaat om tariewe aan die begin hulle boekjaar…
17 Mar 6AM 1 min

Tradisionele media sukkel op twee fronte

Tradisionele media sukkel in die digitale era... dink bietjie... wanneer laas het jy ‘n koerant gekoop? Senior kommunikasie-dosent by Nust dr. Phillip Santos en navorser Frederico Links het 'n studie gedoen oor persvryheid en eksistensiële bedreigings wat die tradisionele media tans ondervind. Onder die bedreigings is krimpende inkomste. Kosmos 94.1…
17 Mar 6AM 1 min