
Stad Windhoek loods formaliseringsplan
Loading player...
Stad Windhoek implementeer 'n grootskaalse beplannings- en formaliseringsproses wat daarop gemik is om die tekort aan gedienste grond aan te spreek, in reaksie op die vinnige groei van informele nedersettings. Munisipale woordvoerder Lydia Amutenya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die inisiatief verskeie onderverdelings behels met 'n opbrengs van 11 226 voorgestelde erwe wat gediens sal word.

