
Lughawensmaatskappy bevestig kuberaanval
Loading player...
Die Namibiese Lughawensmaatskappy het bevestig dat 'n kuberveiligheidsvoorval vroeër vandeesmaand opgespoor is wat sekere IT-stelsels raak. Die voorval het ongemagtigde toegang tot netwerkinfrastruktuur en administratiewe rekeninge behels. Woordvoerder Dan Kamati sê onmiddellike inperkingsmaatreëls is geïmplementeer en dat remediëring aan die gang is.

