
Rusland herhaal planne vir plaaslike uraaneksplorasie, kernkrag
Loading player...
Namibië en Rusland het die drie-dae sitting van die Inter-regering Kommissie oor Handel en Ekonomiese Samewerking vandag in Windhoek afgesluit. Dit het gefokus op die versterking van bilaterale samewerking in sleutelsektore, insluitend onder meer mynbou, onderwys, gesondheid, vervoer, handel en belegging en landbou. Die Russiese adjunk-eerste minister, Yury Trutnev, het deur 'n tolk gepraat oor die Rosatam-uraaneksplorasie deur Headspring Investments in die Omaheke-streek.

