
SA volksmoordsaak teen Israel onweerlegbaar: GOOD
Loading player...
Die GOOD-party sê Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel voor die Internasionale Geregshof is gebaseer op bewyse wat onweerlegbaar gaan wees. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Israel is geregtig om sy antwoord in te dien oor die beskuldiging dat hy volksmoord pleeg teen die mense van Palestina en veral in Gaza, wat tans deur ongeveer 18 ander lande ondersteun word.

