
Cyril neem kennis van Israel se reaksie op volksmoordsaak
Loading player...
Die regering sê hy het kennis geneem van Israel se reaksie op Suid-Afrika se skriftelike pleitstukke in die volksmoordsaak voor die Internasionale Geregshof. Die saak hou verband met bewerings van volksmoorde wat tydens Israel se aanvalle in Gaza gepleeg is. Die hof het Israel oorspronklik beveel om teen 28 Julie 2025 te reageer. Israel het egter twee keer om uitstel gevra. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die land bly daartoe verbind om sy rol te speel om die beloftes van die Volksmoordkonvensie na te kom:

