
In KI-era is oorspronklike mensgemaakte rolprente kritiek
Loading player...
Die Namibiese Filmkommissie se 2026 Filmweek het in Windhoek afgesluit. Die opkomende plaaslike filmbedryf word aangemoedig om hulle eie films te bemark, maar om in tred met al die nuutste tendense te bly. In die KI-era is oorspronklike mensgemaakte films van uiterse belang. Tim Huebschle, bekende Namibiese direkteur en vervaardiger, deel hoe plaaslike films en opkomende vervaardigers kan floreer.

